Ruimtependeltuig Enterprise in lanseerkonfigurasie.
Ruimtependeltuig Enterprise (NASA-kenteken: OV-101) was NASA se eerste ruimtependeltuig. Dit is gebou vir NASA as deel van die Ruimtependeltuigprogram om toetsvlugte in die atmosfeer uit te voer.[1] Dit is gebou sonder enjins of 'n funksionele hitteskild en was dus nie in staat om na die ruimte te reis nie. Dit is onthul op 17 September 1976.[2]
Ruimtependeltuig Enterprise word na New York vervoer.
Ruimtependeltuig Enterprise word by die Intrepid Museum afgelewer.
Ruimtependeltuie Enterprise en Discovery neus-teen-neus.
↑Jenkins, Dennis R (2007). Space Shuttle: The History of the National Space Transportation System. Voyageur Press. ISBN0-9633974-5-1.